n Kopskuif is Nodig

‘n Kopskuif is NodigDeur Francois Carr

Jesus van Nasaret is ongetwyfeld een van dié betekenisvolste figure in die geskiedenis, ’n man met onmeetbare invloed in die wêreld. Waarskynlik het niemand in die geskiedenis mense meer gefassineer, mense meer aangetrek, mense meer geïnspireer, maar tog ook kwater gemaak as Jesus Christus nie. So, wie was Jesus en hoe het sy invloed toegeneem? Hy is gebore in ’n gewone Joodse gesin, wat in ’n klein Midde-Oosterse staat gewoon het wat onder wrede militêre besetting was. Hy het sy eerste dertig jaar ’n lae profiel gehandhaaf en gedoen wat ons almal doen – werk, eet, lag en slaap. Jesus was ook ’n getroue Joodse seun wat God aanbid het. Toe op ‘n dag, op die vasgestelde tyd, het Jesus vanuit die “agtergrond” tot die ‘voorgrond’ getree en in die openbaar beweer dat God se Koninkryk aangebreek het en het Hy mense geroep om ’n radikale nuwe lewenswyse aan te neem.          

Geroep en toegerus

Jesus het vir drie jaar lank lig en leiding in sy dissipels se lewens uitgestort, waarna Hy aan hulle die opdrag gegee het om na die hele wêreld uit te reik tot eer van sy Koninkryk. Jesus het hulle toegerus met al die geestelike gawes wat hulle tydens Pinkster nodig sou hê vir die taak.

  • Binne twee jaar het die dissipels die hele Jerusalem met God se onderrig bereik (Hand. 5:28).
  • Binne vier jaar het die kerke in die hele Judea, Samaria en Galilea vermeerder en gegroei (Hand. 9:31).
  • Deur die krag van sy Gees en gehoorsaamheid aan sy woord, het hulle die wêreld binne 19 jaar op sy kop gedraai (Hand. 17:6).
  • Binne slegs 20 jaar het Jesus se volgelinge sy boodskap na elke groot stad van die Romeinse Ryk, sowel as Afrika en Indië gebring.
  • Binne 30 jaar het die Evangelie in die hele wêreld bly groei en vrugte dra (Kol. 1:6).
  • Teen 30 n.C. het Christene ongeveer 10% van die Romeinse Ryk se bevolking beslaan – wat vyf tot nege miljoen van Jesus se volgelinge sou wees.
  • Alle hoofstroom Christen-denominasies in ag genome, is Jesus se getal volgelinge regoor die wêreld tans meer as twee miljard.

Waar het dit alles begin?

Jesus se bediening het begin met sy deelname aan die groeiende herlewing van Johannes die Doper. Hy was baie gewild en groot skares van oral oor het na hom kom luister.  Hy het mense aangetrek en geestelike leiers kwaad gemaak met sy radikale boodskap van bekering. Hy was soos die Billy Graham van sy dag. Hy het vir Jesus gedoop in die Jordaan rivier en hom bekendgestel as die “Lam van God”(Joh. 1:19-26).  Jesus kon onmiddellik sy bediening, dissipels en skares oorneem. Hy het egter van ‘n atmosfeer van herlewing weggestap en is deur die Gees die woestyn in gelei (Luk. 4:1). Hy het nie die aanhang van massas begeer nie.  Hy wou net dit doen wat in Sy Vader se hart was.

‘n Nuwe manier van lewe en dien

In daardie tyd is Johannes in die tronk gegooi en dit het die skares sonder ‘n leier gelaat en die gevaar dat die beweging uitmekaar kon spat. Die oomblik toe Jesus hoor sy neef is in die tronk gegooi (Matt 4:12-19) het dit gelei tot ’n verandering in sy manier van lewe en dien.

  • Hy het sy basis verander van Nasaret na Kapernaum.
  • Hy het begin preek oor bekering.
  • Hy het die leierskap rol oorgeneem.
  • Hy het begin om sy aandag en tyd te gee aan ‘n paar mans waardeur hy die wêreld kon bereik. 
  • Hy het begin reis van dorp tot dorp.

Wonderwerke het plaasgevind. Jesus se populariteit en skares het gegroei. Dissipels is gemaak. Leiers is opgelei. En as gevolg van sy verandering het die boodskap, bediening en beweging gegroei. 

Wat van ons?

Waarom ervaar ons nie meer van God in ons lewens en sy werking deur ons lewens en kerke nie. Dit is nie moeilik om te sien dat die kerk sukkel en dat ons met enorme uitdagings gekonfronteer word nie. Elke jaar sluit tans 4,000 gemeentes hulle deure. Ongeveer 2,7 miljoen lidmate verval elke jaar in onaktiwiteit en onbetrokkenheid. Die goddeloosheid, apatie of die duisternis van die wêreld wat die kerk omring, is nie faktore wat die toestand van die kerk bepaal nie – dit ontbloot slegs die ware toestand. Die probleem is dat die kerk sy bestemde doel vergeet het – om God te verheerlik, om mense volgelinge van Jesus te maak, op te lei, toe te rus, sodat hulle dit ook weer kan doen en vir hul gemeenskappe daardeur tot seen te wees.  

Vergete Jesus-Model

Jesus het ’n eenvoudige plan, strategie en metode gevolg. Hy het begin om sy tyd en energie te belê in die twaalf, wat sy Vader vir hom gegee het, en daardeur sy bekende wêreld verander. Dit het begin met intieme gesprekke wat hulle verander het. Billy Graham is per geleentheid gevra: “What would you do differently if you were starting your ministry again?” His answer is very significant and thought provoking:

I think one of the first things I would do would be to get a small group of eight or ten around me that would meet a few hours a week and pay the price. It would cost them something in time and effort. I would share with them everything I have learned, over a period of years. Then I would actually have twelve ministers who would in turn take eight or ten or twelve more and teach them. I know one or two churches that are doing that, and it is revolutionizing the church. Christ, I think, set the pattern. He spent most of his time with twelve men. He didn’t spend it with a great crowd. In fact, every time he had a great crowd it seems to me that there weren’t too many results. The great results, it seems to me, came in his personal interview and in the time he spent with the twelve”.

Wanneer gaan jy begin?

Jesus se model is vandag nog dieselfde. Dit het by Sy dissipels begin en nou het daardie opdrag, ons opdrag geword (Matt. 28:18-20). Kan hedendaagse kerkleiers gewone mense bemagtig om hulle volle potensiaal te bereik? Die antwoord is ja … mits ons sy uitnodiging aanvaar en ’n verandering in ons manier van lewe en dien.  Dit het nie net húl lewens verander nie, maar het dit ook ’n blywende impak op die wêreld gehad. Dit is tyd om terug te keer na die vergete Jesus-model. Dit is tyd om die volgelinge van Jesus te wees en tee word wat ons bedoel is om te wees. Dit is tyd vir ‘n ‘kopskuif’. Wat is jou keuse? Wanneer gaan jy begin?