Book Shop

Leef in Kontak

Geroep vir God se doel

Hoe sal dit voel om by die voete van Jesus te sit, te luister, te kyk en meer te leer
van sy lewe, verhoudings, bediening en koninkryk? Wat sou gebeur as ons Hom sou volg waarheen Hy ons ook al sou lei en ons opdrag sou gee om te gaan?

God het gewone mense – skrynwerkers, vissermanne, diensknegte, sakelui, herders, dokters, ma’s en pa’s – gebruik om sy werk te doen. Gewone mense. Tóg sien God die potensiaal in hulle raak om sy doelwitte te verwesenlik.