Book Shop

Leef in Kontak Studiegids
Jesus roep, onderrig, stuur en rus gewone mense toe. Deur Jesus te volg, word ons nie net van ’n lewe in die hemel verseker nie, maar dit maak ook ’n deur oop na verandering, groei en ontdekking op aarde.
Leef in kontak – Studiegids sal jou help om die uitnodiging om by Jesus te wees, deur
Hom verander en getransformeer te word en vir Hom gestuur te word, te verstaan en
te ervaar.
Soos jy deur hierdie studiegids werk, sal jy:
• Die krag en vreugde van gemeenskap met God en met ander ontdek;
• Ervaar hoe God in en deur jou lewe werk soos wat jy dít word wat jy bedoel is om te wees;
• Die vreugde daarvan ervaar om ander te help om ’n meer intieme wandel met God te ervaar.
Is jy gereed om met God se oproep en doel te verbind en te ervaar hoe God in en deur
jou lewe werk?
Sluit by ons aan en:
• stap in pas met Hom;
• stap langs iemand;
• sien hoe ‘n lewe, en dan meer lewens, deur God getransformeer word.